‘n Christenskap wat my naam, my koninkryk en my wil onaangeraak
los terwyl ek Jesus se naam baie vroom en godsdienstig bely is ‘n vals en
dodelik misleidende Christenskap. Jesus
is nie die Verlosser vir sommige dissipels en die Here vir ander nie. Hy is altyd beide Verlosser én Here. Om Hom dus op ‘n Sondag te bely as Koning en
op ‘n Maandag my eie naam en eer te bevorder, my eie koninkryk te probeer
uitbrei en my eie wil na te jaag, is die hoogtepunt van huigelary. Of nog erger, om dit op ‘n Sondag te doen
wanneer ons eiesinnig poog om ons eie bedieninge en gemeentes te bou met die
doel om óns naam en
koninkryk te bevorder! Die inhoud van ons gebede is gewoonlik ‘n
onfeilbare toets van hoe ons dink oor God, die gemeente, die koninkryk en ons
lewens op aarde. Hoe en waarvoor bid jy
gewoonlik? Jesus leer Sy dissipels om te
bid “onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word, laat U koninkryk
kom, laat U wil geskied…” (Matt. 6:9-10).
Daarmee stel Hy dit eens en vir altyd onomwonde en onaanvegbaar dat daar
vir outentieke dissipels van Hom net een agenda op hierdie aarde kán wees en dit is om die Vader se
naam, koninkryk en wil in alles te bevorder.
Al kry ons dit nie altyd reg nie bly dit die groot begeerte in die hart
van elke ware dissipel van Jesus.
No comments:
Post a Comment