Wednesday, 12 August 2015

GELOOF ANTWOORD "DIT IS WAAR"



"Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie." 2 Kor. 5:7

Die Woord sê 'jy is 'n nuwe skepsel in Christus'. Geloof antwoord 'dit is waar', selfs al voel dit nie vir jou so nie. Die Woord sê jy is 'dood vir die sonde'. Geloof antwoord 'dit is waar', selfs al lyk dit nie nou so nie. Die Woord sê 'jy is meer as 'n oorwinnaar in Christus'. Geloof antwoord 'dit is waar', selfs al skree jou emosies 'mislukking'! Die Woord sê jy sit 'saam met Christus in hemelse plekke'. Geloof antwoord 'dit is waar', selfs al voel dit vir jou of die gevalle aarde jou vashou en oorweldig. Die Woord sê jy 'het die volheid in Christus'. Geloof antwoord 'dit is waar', selfs al voel jy so leeg soos 'n welsynsblikkie by Pick 'n Pay. Neem enige "in Christus" waarheid in die Woord en antwoord 'dit is waar', want God sê so. Dit is die begin van die deurbrake in jou lewe.

2 comments: