Thursday, 20 August 2015

GELOOF OFFER ALLES



“Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.”  Gen. 22:2 

“En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.”  Luk. 9:23 

“Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.”  Rom. 12:1

Geloof antwoord “dit is waar” op die rykdom van al die verlossingsvoordele wat sonder verdienste deur die Vader op ons uitgestort is in Christus.  Geloof is oorweldig deur so ‘n groot liefde.  Geloof weet dat daar geen einde is aan die barmhartigheid en genade in die Vaderhart van God nie.  Geloof is onomkeerbaar beïndruk deur hierdie Vader van onse Here Jesus Christus.  Dáárom offer geloof alles en doen dit met ‘n oorgawe wat totaal onverstaanbaar is vir die wat nie glo nie.  Aan die ander kant is ‘n halfhartige offer ‘n aanduiding van ‘n onvoldoende geloof. 

2 comments: