“Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself
te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,
wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie
van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees
maak lewend.” 2 Kor. 3:5-6
“En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien
en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd
en het hulle as metgeselle van Jesus herken.” Hand. 4:13
Een van die belangrikste vrae wat ‘n dissipel van Jesus ooit
kan vra is: “Wat gee my vertroue en vrymoedigheid om te getuig van Jesus, mense
te bedien wat Hom nodig het en om te kan praat en deel te neem tydens die
samekomste van die gemeente?” Anders
gestel, “wat is die basis van my vertroue dat ek bruikbaar kan wees vir die
Here in bediening?” Is dit my
welsprekendheid? Is dit dalk my
geleerdheid? Is dit my titel? Is dit my legitimering of die vertroue wat
ander mense in my stel? Is dit my aansien in die gemeenskap of die statuur van
my ouers? Is dit my sterk of
charismatiese persoonlikheid? Is dit my
jarelange ervaring of mensekennis? Is
dit my “people skills”. Elkeen van
bogenoemde benaderings tot bedieningsvertroue sal in Bybelse terme op ‘n
bepaalde punt faal en geestelike steriliteit en onvrugbaarheid tot gevolg hê. Dit is onvermydelik. Paulus was ‘n hoogs
geleerde en begaafde man wat in natuurlike terme baie gehad het om op terug te
val, maar luister bietjie wat sê hy van sy bediening in Korinthe: “Ek was ook
by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; en my rede en my prediking
was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van
gees en krag” (1 Kor. 2:3-4). In die finale analise is al wat saak maak my vertroue
in Jesus en my gevolglike gehoorsaamheid aan Sy stem. Wanneer Jesus jou roep vir ‘n spesifieke
bediening, wanneer Hý jou dring om te praat, te bedien of te getuig, en jy
gehoorsaam Hom in kinderlike afhanklikheid, is Hy verantwoordelik vir die wysheid,
die krag en die vrug. Dit is dus nie soseer
jou bediening nie, maar Sý bediening deur jou wat van belang is. Dit is die enigste soort bediening wat tel in
die hemel en egte vrug dra op die aarde.
Ons het gans te veel krukke om op te leun en alternatiewe planne om op
terug te val vandag. Tyd om in geloof
alles oor te gee in Jesus se hande en die resultate aan Hom toe te vertrou. As jy nie slim, begaafd, geleerd,
welsprekend, “belangrik” of in menslike terme bekwaam is nie, vertrou Jesus en
gehoorsaam Hom net in kinderlike afhanklikheid.
As jy wel slim, begaafd, geleerd, welsprekend en bekwaam is, doen
dieselfde, want dit is in elk geval net Jesus in en deur jou wat jukke breek en
geestelike deurbrake bring. God seën
gehoorsaamheid aan Jesus!
This comment has been removed by the author.
ReplyDeleteThis comment has been removed by the author.
ReplyDeletevery nice post
ReplyDeleteFuture Quotes |
Hard Work Quotes |
Train Hard Quotes |
work hard play hard
Nice post. thanks for the shared with us,website designing & development company
ReplyDeleteI must say you had done a tremendous job,I appreciate all your efforts.Thanks alot for your writings......Waiting for a new 1...Please visit our wonderful and valuable website-
ReplyDeletehttp://packersmovers.top/chennai/
Packers And Movers Dharmapuri Tamilnadu
Packers And Movers Dindigul Tamilnadu
Packers And Movers Erode Tamilnadu
I like your website very much thanks for your share. all the imformation are useful for me,I will come again.Please visit here:
ReplyDeletePackers And Movers Palanpur
Packers And Movers Junagadh
Packers And Movers Himatnagar
modafinil
ReplyDeletethank you for thisa