Thursday, 19 November 2015

DIE LIEFDE WAT GEHOORSAAM



Jesus het na die aarde gekom om te "soek en te red wat verlore was". Ons verlorenheid het ten diepste te doen met 'n ongehoorsame hart. Daarom is ons redding baie meer as net vergifnis van sondes, maar juis ook 'n nuwe gehoorsaamheid deur die wedergeboorte. Die ware toets is dus nie net my belydenis dat ek Hom liefhet nie, maar my lojaliteit aan sy Woord. Bybelse liefde vir Jesus lei altyd tot 'n begeerte om Sy wil te doen. Ek het Jesus lief, ek het sy Woord lief. Hierdie twee loop altyd saam in die Skrifte. Pasop vir boodskappe wat hulle op allerhande subtiele maniere (of blatant!) skei van mekaar.

"Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het." Johannes 14:23-24

6 comments: