“Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook
saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee
het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.” Johannes
17:24
“…want dit is goed
dat die hart versterk word deur genade…”
Hebreërs 13:9
Jesus het ons deur Sy verlossingswerk gebring op ‘n plek
waar ons kan leef in die glimlag van die Drie-Eenheid (lees die hele Johannes
17) en nou verwag God van ons dat ons met mekaar sal praat en saamleef vanuit
die glimlag van genade. Ons gee maklik
vir ons kinders, veral wanneer hulle nog klein is, die glimlag van genade. Dit is genesend, stigtend, en dit anker jou
kind se hart in die tasbare liefde van ‘n ouer wat die Vaderhart van God
verteenwoordig. Natuurlik is daar ook in
die lewe van ‘n kind, en ‘n dissipel van Jesus, tug en dissipline (Heb.
12:5-10). Dit is egter juis in die
sonskyn van die Vader se glimlag wat ons die hart agter die tugtiging raaksien
en daarom reg reageer op die liefdevolle dissipline van ons Vader. Hy verwag van ons om nie net vir ons kinders
nie, maar ook vir ons mede-dissipels die glimlag van genade te gee. ‘n Hart vol genade kan selfs met vermaning en
teregwysing sonskyn bring.
“You fearful saints, fresh courage take;
The clouds you so much dread
Are big with mercy and shall break
In blessings on your head.
The clouds you so much dread
Are big with mercy and shall break
In blessings on your head.
Judge not the Lord by feeble sense,
But trust Him for His grace;
Behind a frowning providence
He hides a smiling face.” (William Cowper)
But trust Him for His grace;
Behind a frowning providence
He hides a smiling face.” (William Cowper)
No comments:
Post a Comment