Aan die begin van ‘n nuwe jaar dink almal oor die verloop van hulle lewens en wat dit beteken om ‘n geseënde jaar te beleef. Dit is ook dan die tyd wat familie en vriende seëninge oor mekaar uitspreek vir die jaar wat voorlê. ‘n Mens wonder soms of daar regtig outoriteit is agter hierdie seëninge wat ons oor mekaar uitspreek? Beteken dit werklik iets of is dit maar net bedoel om ‘n aangename gevoel van welwillendheid by die ontvanger te skep wat vir so ‘n dag of twee hou? Die waarheid is dat daar slegs outentieke seëninge kan kom van die Vader van ons Here Jesus Christus, die Koning en soewereine Heerser van die heelal. Al Sý seëninge is eksklusief en alleenlik te vinde in Sy Seun. Hy roep almal wat ware seën wil beleef op met die woorde: “Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!” (Markus 9:7) Die wat deur die wedergeboorte “in Christus” is, is alrééds geseën met “alle geestelike seëninge in die hemele”. Hierdie seëninge is egter soos onbeperkte fondse wat vir ons beskikbaar is in die “Universele Bank van Seëninge”. Ons kan slegs die volle voordeel daarvan beleef as ons “die woord van Christus ryklik in ons laat woon” (Kol. 3:16). Dit is net in die Naam van Jesus wat ek by hierdie wonderlike hemelse “bank” kan trek wat ek nodig het vir seën in hierdie lewe. En dit is net diegene wat die woord van Christus lees en bewaar wat weet wat vir hulle beskikbaar is in Hom en sodoende die heerlike voordeel van hulle hemelse bankrekening kan beleef. Hierdie seëninge stel ons nie net in staat om ‘n geseënde lewe van “vrede en blydskap” (Rom. 14:17) te leef nie, maar ook om ‘n seën vir ander te wees.
So hoe sal ek dan jou en jou geliefdes seën vir 2016? Miskien kan ek dit doen met ‘n vraag of twee. Het die “woord van Christus” ruim plek in jou
hart soos wat jy volhard in die lees van die Bybel? Indien nie, is jy van plan om hierdie jaar
gedissiplineerd die Bybel te lees met ‘n verwagting om die volle seën van God
se koninkryk te sien in jou lewe? Op
geen ander manier kan Jesus nommer Een wees in jou hart en lewe nie (Joh. 8:31)
en as dit nie realiseer nie kan jy nie werklik ‘n geseënde jaar beleef nie,
selfs al sou elke mens op die planeet persoonlik en spesifiek ‘n seën oor jou
uitspreek. Mag die Heilige Gees jou
oprig in ‘n nuwe liefde vir die Woord en ‘n dissipline om dit jou eie te maak
deur ‘n heerlike en vrugbare Godgegewe volharding.
And too strong people together, I would not feel their existence. Let us not make friends with your eyes to pick that perfect, but let's intention to attract like-minded.Deception friendship is painful trauma, hypocritical sympathy is sharp poisoned arrows.
ReplyDelete______________
Rsgoldfast was Runescape's largest seller of gold, They can give you the best service, the fastest delivery speed. If you believe them! They are sure to make you satisfied!
They will be complimentary "rsabc" coupons,you can get extra 3% gold!
It's a interesting game: Cheap RS Gold
You can join in this hotsite: http://www.rsgoldfast.com/