“…sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou
word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie.” 2
Korinthiërs 2:10b-11
‘n Padda sal dadelik spring uit ‘n pot kookwater,
maar as jy hom in koue water sit en geleidelik die water verhit, kan jy hom
doodkook sonder dat hy sal uitspring. Hierdie
bekende en eenvoudige ilustrasie gee ‘n les deur wat die kerk in ons tyd
dringend nodig het om op ag te slaan.
Dit is presies hoe die satan regdeur die eeue gemeentes en denominasies kaap
en uiteindelik transformeer tot valse institusies wat grootskaalse misleiding
van die massas tot gevolg het. Ware dissipels van Jesus wat hulleself bevind in
sulke gekompromitteerde gemeentes en denominasies het nodig om wakker te word
en te sien wat besig is om reg voor hulle oë te gebeur.
Valse leringe en misleiding wat nooit deur vorige
generasies aanvaar sou word nie, word onder die invloed van die tydgees aanvaar
en dan aanvaarbaar gemaak deur kerklike kommissies en sinodes wat in baie
gevalle lankal wegbeweeg het van die Woord van God. Wanneer daar dan ‘n protes opgaan van ware
dissipels van Jesus in hierdie denominasies word die bose besluite as’t ware
uitgestel vir ‘n tyd. Twee treë
vorentoe, maar net een tree terug. Dit
is hoe die satan werk. So raak mense mos al hoe meer familiêr met dwaling,
totdat hulle dit heeltemal aanvaar. Moenie
doodkook in die pot nie. Spring
uit. Die temperatuur in daai pot gaan
nooit weer daal nie.
No comments:
Post a Comment