Hoe
moet ons dink oor die uitbundige en spontane lof aan die Here waarvan die
Psalms en ander dele van die Bybel propvol is?
‘’ ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o
my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!” Ps. 103:1
“Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak
onder die volke sy dade bekend.” Psalms
105:1
“Halleluja! Loof die HERE, want Hy is
goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.” Ps. 106:1
“Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom,
alle volke!” Ps. 117:1
“Hef julle hande op na die heiligdom,
en loof die HERE!” Ps. 134:2
“Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van
ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!” Ps. 106:48
‘n Eerlike omgang met die Skrif moet ons sekerlik
laat stilstaan en vra of ons lewens ook gekenmerk word deur hierdie soort lof
wat vrylik vloei uit ‘n gelowige hart. Nie
net moet ons hierdie vrae vra m.b.t. ons persoonlike lewens nie, maar ook in
terme van ons gesinne en gemeentes. Ongelukkig
is ons dikwels hopeloos te bewus van hoe ander mense dink oor lof en dit bring ‘n
berekendheid by ons wat spontane lof en danksegging onderdruk, inhibeer en in
baie gevalle heeltemal laat verdwyn.
Is
dit moontlik vir ons om uit te styg bo ons dikwels versmorende godsdienstradisies
en om so bewus te raak van God dat ons die spontaneïteit van ‘n kind kan herwin
voor Sy aangesig? Kan ons nie ‘n slag
vergeet van ander mense en net ons eie harte ondersoek nie? Is dit moontlik om die kompleksiteit en
doodloopstrate van die hele debat oor lof en aanbidding in ons tyd eenkant toe
te skuif en net weer spontaan uiting te gee aan my liefde vir die Here as ‘n
eenvoudige dissipel van Jesus? En kan ek
dit doen sonder om ander mense te probeer beïndruk deur my uitbundigheid of vir
hulle aan die ander kant ‘n punt te probeer bewys deur my stoere
onbetrokkenheid? Vra die Here self of Hy tevrede is met jou lof aan Hom in jou
persoonlike lewe, jou gesin en jou gemeente.
No comments:
Post a Comment