“Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand
ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die
Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.” Mattheüs
11:27
Die
verhouding tussen die Vader en die Seun is absoluut uniek, maar dit is nie
geslote nie. Dit is wel net toeganklik
deur een enkele kanaal, die Seun. Jesus
maak dit baie duidelik dat Hy nie in kompetisie is met enige ander gesag op
aarde nie. Daar is maar net een gesag en
dit is die gesag wat die Vader vir die Seun gegee het. Daarom kan niemand wat weier om die knie te
buig vir Jesus Christus ooit aanspraak maak daarop dat hulle God ken nie en
niemand kan die ewige lewe verkry as hulle nie die Vader ken nie.
“En dit is die ewige lewe, dat hulle U
ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” Johannes 17:3
Deur die eeue eggo die stem van die Seun en roep die mensdom om te kom
kniel by die kruis. Slegs daar gaan die
hemele oop en begin die aangesig van die Vader herkenbaar word. Slegs daar wink ‘n nuwe lewe en kry gebroke
mense vergifnis, genesing en ‘n hoop wat nooit sal beskaam nie.
No comments:
Post a Comment