Die hele Nuwe Testament is gemik daarop om dissipels
van Jesus by geestelike volwassenheid te bring (Efes. 4:13). Die doel is nie
net redding of wedergeboorte nie, net soos wat ons nie die geboorte van ‘n baba
beskou as die doel nie, maar as die begin van die pad na volwassenheid.
Ons Bybelstudies en baie van ons preke en leringe is
dikwels gefokus op kennis in plaas van op die volwassenheid van die dissipel
van Jesus. Dissipelskap se hele doel is geestelike volwassenheid, nie net die
oordrag van kennis en informasie van een persoon na ‘n ander nie. Kennis en insig speel vir seker ‘n baie
belangrike rol in die proses, maar dit is nie die doel nie. Volwasse dissipels reflekteer die heerlikheid
van God in ‘n toenemende mate en niks is belangriker as dit nie. Die Vader het ons nie net gered om hemel toe
te gaan of om godsdienstig te lyk op ‘n Sondag nie, maar om volwasse te word in
Christus sodat ons Sy heerlikheid op hierdie aarde kan bekend maak elke dag van
die week.
“En
Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander
as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot
opbouing van die liggaam van Christus, totdat
ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun
van God, tot ‘n volwasse man, tot
die mate van die volle grootte van Christus.”
Efesiërs 4:11-13
No comments:
Post a Comment