Ons spandeer die meeste van ons tyd op aarde om
sekuriteit en vervulling vir ons en ons geliefdes te verkry. Ons wil almal veilig
voel en binne 'n veilige omgewing vervulling beleef. Die werklikheid is egter
dat ons leef in 'n gevalle en stukkende wêreld met stukkende en sondige mense.
In hierdie wêreld vertrou ons al hoe meer op tegnologie om vir ons veiligheid
en vervulling te gee wat "permanent" is. Wat sal gebeur met ons as
die tegnologie skielik sou faal en ons nie meer die dosyne krukke het wat ons
so swaar op leun nie?
Die voordele van tegnologie is ongetwyfeld gawes van
God, maar dit was nooit bedoel om ons vertroue in God self te vervang nie. Daar
is net een permanente voorsiening vir sekuriteit en vervulling en dit is nie
materiēle dinge nie, maar 'n Persoon. God het sy Seun gegee om beide ons sekuriteit
en vervulling te wees nou en vir ewig. Wanneer ons geskape wesens of
vervaardigde kommoditeite in Jesus se plek stel is ons besig met afgodery.
Ondersoek jou hart en vra jouself waar jy werklik jou sekuriteit en vervulling vind.
Is dit in Christus of in die gevalle skepping? Daar is so 'n verstommende vrede
en blydskap beskikbaar vir die wat hulle oë van die skepping afhaal en op Jesus
plaas.
"Die
Naam van die Here is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word
beskut. Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos ’n steil muur in sy
verbeelding." Spreuke 18:10-11
No comments:
Post a Comment