Selfs die mees geestelike persoon op aarde kan
nie Jesus vir jou wees nie. Die beste leier op aarde kan jou net lei ná Jesus,
hy kan nooit Jesus se plek inneem of Jesus in enige sin vervang nie. Jong
gelowiges moet uit die staanspoor bemoedig word om in geloof te bou aan hulle
eie verhouding met Jesus, totdat hulle volwasse word en sterk kan staan in
lojaliteit aan Jesus alleen. Gemeentes,
leiers en bedieninge wat nalaat om dit te doen, is direk verantwoordelik vir
die geestelike stagnering en onvolwassenheid van die mense wat deur hulle
bedien word.
Die goeie nuus van die evangelie is baie minder
goed as ek nie persoonlik en sonder middelaars met Jesus kan wandel nie. Ons moet ons dringend beywer daarvoor om ‘n
gemeentekultuur van leier-afhanklikheid te laat vaar en dit te vervang met die
Nuwe Testamentiese kultuur van persoonlike omgang met die lewende Jesus.
“Daarom, my geliefdes, soos
julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar
baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing.”
Filippense 2:12
No comments:
Post a Comment