Die groot skeidingslyn in elke gelowige se lewe kom die dag wanneer hy
die finaliteit van die kruis sien. Die hele Christelike lewe kan vanuit twee
perspektiewe bekyk word. Van die buitekant mag twee gelowiges byvoorbeeld
presies dieselfde dinge doen, maar as ons na hulle innerlike motivering sou
kyk, mag daar ‘n reuse verskil wees. Die een verstaan die finaliteit van die
kruis en derhalwe lewe hy op opstandingsgrond en in opstandingskrag. Die ander
een ken slegs die vergifnis van die kruis en dus lewe hy primêr in die krag van
sy eie besluite. Sekerlik word ons op baie plekke in die Nuwe Testament sterk
vermaan om ywerig te wees en die regte besluite te maak, maar al hierdie vermanings
is gebaseer op ons posisie as gekruisigde mense.
Ons totale lewe en bestaan as dissipels van Jesus is gebaseer op ‘n baie spesifieke gebeurtenis, naamlik die kruisiging van Jesus. Toe Jesus aan daardie kruis gesterf het, het Hy nie slegs vir ons gesterf nie, maar ons het saam met Hom gesterf. Jy het gesterf vir die ou, onafhanklike Adamiese lewe en is daarom onder verpligting om nou in die krag en wysheid van Christus te leef, nie jou eie nie. Dit is nie ‘n wens of ‘n belofte nie, maar ‘n feit. Jy hoef dit nie te maak werk nie. Jy moet net in geloof daaruit begin leef.

No comments:
Post a Comment