“Ek sal julle nie
as wese agterlaat nie..." Johannes 14:18
Waarom is daar so
baie gelowiges vandag wat soos geestelike weeskinders leef? Waarom word
gelowiges heen en weer gedryf deur elke wind van lering (Efes. 4:14) in plaas
daarvan om volwasse te word in Christus met vaste grond onder hulle voete?
Gelowiges wat weet
dat Christus in hulle leef is nie gedurig op soek na nog 'n manifestasie of 'n
nuwe lering of 'n nuwe leier of 'n uiterlike aanraking of nog 'n ondervinding
nie. Hulle bely eerder saam met Paulus: “... in Christus woon al
die volheid van die Godheid liggaamlik; en ons het die volheid in Hom wat die
Hoof is van alle owerheid en mag, en ...”dat ek Hom mag ken en die krag van Sy
opstanding." Sien Kolossense 2: 9-10 en Filippense 3:10.
Alles wat ons ooit
sal nodig hê is in Christus en Hy leef in ons.
Miskien ís jy onvervuld en ontevrede met die peil van jou geestelike
lewe, maar soek jou vervulling in Christus.
Die volheid van die Gees word net in Hom gevind.
Thank you for sharing the post.kindly visit us @ Top Ten ias Academy in chennai - SmartLeaders
ReplyDelete