"Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam
as die klere nie?"
Mattheüs 6:25b
God is die Gewer van reën en voedsel en Hy maak voorsiening in die
natuur om fisiese lewe op ons planeet te onderhou. Maar mense het ook 'n siel
en gees wat gevoed moet word.
"Want Hy het die
dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul." Psalm 107:9
Jesus is die enigste "voedsel" wat mense se siele kan
voed. Dit is net in 'n lewende
verhouding met Hom wat die diep honger van ons siele bevredig kan word.
"En Jesus sê vir hulle: Ek
is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie
in My glo, sal nooit dors kry nie." Johannes 6:35
God het in Christus oorvloedige voorsiening
vir ons gemaak om gesonde en versadigde siele te hê sodat ons ook ander kan
voed met die brood van die lewe. Maar
waar les ons, ons dors en waar versadig ons, ons honger? Drink ons by die
fonteine van die wêreld en eet ons by die wêreld se tafels? God nooi ons uit om te kom aansit by die
geestelike tafel wat Hy voorberei het.
"U sal my die pad
van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig." Psalm 16:11
No comments:
Post a Comment