"Waardeur Hy ons
die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote
kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het
wat deur begeerlikheid in die wêreld is." 2 Petrus 1:4
Die verwoestende "begeerlikheid" wat Petrus hier van praat is
die tirannie van die self. Ek wil mý sin hê, mý wil moet geskied, die "koninkryk
van self" moet in al sy heerlikheid deurbreek in mý lewe. Dit is nie net
"wêreldse mense" wat so dink nie.
Die boodskap wat vandag op baie fronte deurgaan as "evangelie"
leer subtiel dat dit die wese van verlossing is. God bestaan om my wil en wens te laat geskied
en vir hierdie doel het Hy ook Sy Seun na die aarde gestuur.
Teenoor hierdie valse "evangelie" staan Jesus in lynregte
opposisie en Hy verklaar in gebed; "nie my wil nie,
maar u wil geskied!" (Lukas 22:42 ). Hy leer Sy dissipels om te
bid; "laat
u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom;
laat u wil geskied"
(Matt. 6:9-10).
Ware verlossing dan bevry
my van die "koninkryk van self".
Dit breek die tirannie van die "ek-lewe" en dit lei my na die
plek waar dit alles gaan oor Gód se naam, koninkryk en wil. Dít is niks anders nie
as die lewe van "Christus in my" (Gal. 2:20).
No comments:
Post a Comment