1. Hy is leerbaar en bereid om raad van
ander te ontvang.
"Bestraf ‘n spotter nie,
anders haat hy jou; bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê. Deel mee aan die wyse, en hy
sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder." Spreuke 9:8-9
"Die weg van ‘n dwaas is reg
in sy eie oë, maar die wyse luister na raad." Spreuke 12:15
2. Hy dink voor hy praat en sy woorde bring
lewe.
"Daar is een wat
onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is
genesing."
Spreuke 12:18
"Die hart van die
wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe." Spreuke 16:23
3. Hy het 'n stewige greep op sy emosies en laat nie toe dat woede die
oorhand kry in hom nie.
"‘n Dwaas laat al
sy toorn uitvaar, maar ‘n wyse bring dit eindelik tot bedaring." Spreuke 29:11
Jakobus vat al drie hierdie kenmerke van die wyse vas in een sin.
"So dan, my
geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat,
stadig om toornig te word." Jakobus 1:19
Ongeag ons temperament en persoonlikheid kan ons almal wyse mense wees,
of word, in Christus, want Hy het vir ons wysheid geword van God (1 Kor.
1:30).
No comments:
Post a Comment