Hoe
lyk 'n lewe wat God se goedkeuring wegdra? Nie net die lewe tussen nege en tien
op 'n Sondagoggend "in die kerk" nie. Baie mense dink ongelukkig heimlik dat dit
stukkie van ons week is wat redelik eksklusief vir God belangrik is en die res
verdra Hy maar net. Ons praat van
oggende, aande, rusdae, vakansiedae, eet, drink, werk, beplan, ontspan,
kuier, gesels, ensovoorts. Is daar
werklik 'n soort lewe wat dag in en dag uit vir God laat glimlag en Sy
Vaderhart verbly?
Die Bybel
is baie duidelik daaroor dat 'n dankbare en vreugdevolle lewe God behaag.
Ja, dis waar. God wil regtig hê ons moet
net dankbaar wees en met blydskap leef. So
'n lewe is natuurlik onmoontlik sonder Jesus. Maar as ons in geloof deur hierdie gebroke en
gevalle wêreld stap saam met Jesus sal die tekens van so 'n saamstap lewe
dankbaarheid en blydskap wees. As dinge
soos vormgodsdiens, ongehoorsaamheid of dalk 'n oorgekompliseerde en te besige
lewe jou beroof het van die eenvoud van dankbaarheid en blydskap in en saam met
Jesus, stop dan. Kry jou oë weer op
Jesus en gehoorsaam Hom soos 'n kind met dankbaarheid en blydskap en die resultaat
sal verrassend genoeg meer dankbaarheid en blydskap wees. Dit is ongetwyfeld God se wil vir almal van
ons.
"Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in
alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle."
1 Thes. 5:16-18
No comments:
Post a Comment