Alle families op aarde beleef konflik van tyd tot tyd.
Dit is "normaal" gegewe die gevallenheid van die mens se hart. Konflik
is nie noodwendig iets negatiefs nie. Inteendeel, dit is 'n nodige
pre-kondisie vir die unieke soort vrede waarvan die Bybel praat. Iemand wat ek
ken het by geleentheid iets gesê oor een van Jesus se uitsprake in die
Bergpredikasie; "salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God
genoem word". Sy stelling sal my altyd bybly:
"Peacemakers are not peacekeepers. Peacekeepers
never confront the issue. Peacemakers do."
Dit sou wonderlik gewees het as Jesus vir my al die
duisternis van my eie hart self kon uitwys en nie nodig gehad het om ook van
tyd tot tyd ander mense, en veral die wat so naby aan my is (!), te gebruik om
dit te doen nie. Efesiërs 4 vers 15 sê ons moet "in liefde by
die waarheid bly en SO in alle opsigte groei na Christus toe.."
Eina. Ek wens daar was 'n ander manier om te groei. Hierdie
"waarheid' is in konteks die waarheid oor wie Jesus is, maar dít is
onlosmaaklik verbind aan die waarheid van my en jou hart. "In U lig
sien ons die lig" (Ps. 36:10).
As mense wat steeds gevallenheid met hulle saamdra, kry nie
een van ons altyd die balans (nie 50/50 nie, maar 100/100) tussen waarheid en
liefde reg nie. Dit is net in ons gebrokenheid, wederkerige leerbaarheid
en ware evangelie-nederigheid wat die wonderwerk van "waarheid in
liefde" plaasvind. En wat 'n kosbare wonderwerk is dit nie.
Hierdie wonderwerk bring altyd verandering as ons bereid is om te luister. (Ek
praat nou uit ervaring in terme van die een uit tien keer wat ek wel geluister
het.) Ons moet sekerlik vir mekaar genade gee as ons nie altyd hierdie
balans regkry nie, maar een ding wat ons nie kan bekostig om te doen nie is om
op te hou om die waarheid te praat en dan in die valse "vrede" van
ons generasie aan te ploeter. Dink daaroor:
- ons wil nie hê
mense moet vir ons ongemaklike dinge oor onsself vertel nie
- maar ons het dit
tog broodnodig anders hou ons op om te groei as beste "scenario"
en as slegste gaan die Vader baie harder met ons begin praat op
verskillende maniere
"Pain insists upon being attended to. God whispers to
us in our pleasures, speaks in our conscience, but shouts in our pain: it is
His megaphone to rouse a deaf world." (C.S. Lewis)
- wie anders as die
mense naby aan ons kan vir ons die waarheid oor onsself vertel ?
- wie ken ons goed
genoeg om dit te kan doen?
- gaan ons dit
ontvang in gebrokenheid en leerbaarheid?
- of gaan ons
aandring op God se alternatiewe spreekbuise?
"Friends mean well, even when they hurt you. But when
an enemy puts his arm around your shoulder--watch out!" Proverbs 27:6 (Good
News Bible)
Die kanse is baie goed dat die mense na aan jou wel lief is
vir jou en dat die waarheid wat hulle met jou praat bedoel is om te herstel en
genees en nie te verwoes en vernietig nie.
No comments:
Post a Comment