"Dit
is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad
het." Johannes 15:12
Het ons nie begin om in ons generasie 'n liefdelose kultuur
te skep wat net genade wil ontvang van God sonder om dit aan ander te gee
nie? Is dit nie hoekom daar so baie
mense is vandag wat perfekte omstandighede eis van God sonder om Sy eis vir die
gehoorsaamheid van die liefde ernstig op te neem en dit hulle belangrikste
prioriteit te maak nie?
Ek wil vandag vir jou met groot oortuiging sê dat God se
doel met jou en my lewe is om van ons liefdevolle mense te maak in en deur
Christus. Dit is God se ononderbroke en
ononderhandelbare agenda en voordat ons nie hierdie Goddelike agenda ons eie
maak nie gaan ons gedurig gefrustreerd wees met God en met ons dissipelskap,
want ons is nie op dieselfde bladsy as Hy nie!
Raak 'n ekspert in die liefde.
Bestudeer die Nuwe Testament met die oog op die ontvang en uitdeel van
Goddelike liefde in Christus en ek waarborg jou alles in jou lewe sal verander
en jy sal die wêreld om jou in 'n totaal nuwe lig begin sien.
"Maar
die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n
ongeveinsde geloof." 1 Timotheüs 1:5
Die een vraag wat ons geduriug moet vra is of ons werklik
besig is om lief te hê soos wat Jesus ons liefgehad het. Die Nuwe Testament antwoord daardie vraag in
verstommende detail en daarom het ons nodig om dit gedurig te lees en te lees
met daardie doel voor oë!
No comments:
Post a Comment