"Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit
die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir
julle lewe deur die krag van God." 2 Korinthiërs 13:4
Die kruisdood van Jesus Christus is die sentrale gebeurtenis
van die Nuwe Testament en van die hele Bybel.
Net aan daardie kruis demonstreer God vir alle mense in alle tye dat Sy
krag radikaal anders werk as die bose magte van die duisternis en die modus
operandi van die gevalle mensdom. Sy
krag "word in swakheid volbring" (2 Kor. 12:9).
Die hele Nuwe Testament getuig deurlopend van die andersom
manier wat God dinge gedoen kry op hierdie aarde. God werk deur nederigheid, gebrokenheid en
swakheid. Hy stel nie belang in menslike
mag en posisie nie. Hy keer die wêreld
om deur eenvoudige vissermanne en wanneer hy 'n hoog-geleerde man soos Paulus
aanraak en uitstuur, stroop Hy hom eers geheel en al van sy eie wysheid en
geregtigheid (sien 1 Korinthiërs 1 en 2).
God sal ons ook op geen ander manier gebruik in Sy diens nie. Wanneer 'n mens dit begin verstaan val daar
soveel menslike planne, organisasie en slimmigheid weg, maar daar is 'n ander
gevaar wat dan na vore tree. Ons kan so
begin fokus op die nederigheid, gebrokenheid en swakheid dat ons vergeet die
doel van God met hierdie gebroke voorwerpe/kruike is om Sý heerlikheid en krag bekend
te maak. Laat ons die volle werking van
die kruis in ons lewens omhels, sonder om egter te vergeet dat ons in geloof
moet verwag dat die krag van die Heilige Gees ín hierdie proses na vore sal
tree in ons lewens. Gaan bietjie terug
na die Nuwe Testament en let op hoe swakheid en Goddelike krag altyd saam
geloop het en 'n wonderlike manifestasie van Jesus in allerlei omstandighede
teweeg gebring het.
Is this Indonesian Language ?
ReplyDeleteAlso, Please Check out my new Android Game Subway Surf on your Android Mobile and enjoy this endless game.