"Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid." Kolossense 1:26-27 (NAV)
Hier keer Paulus
weer terug na die "hoop" van die evangelie waarvan hy gepraat het in
vers 5 van hierdie hoofstuk, maar nou gaan hy dieper en wys vir ons dat die
"hoop" nie net iets objektief is nie.
Dit is die definitiewe en persoonlike inwoning van die verrese Christus
in elke gelowige. Halleluja!
Dít is die volheid
van die geheimenis. Die geheimenis is
dus nie net die pre-eminensie van Christus (1:15-20) en dat Hy die volledige
vervulling van al die profesieë en beloftes van die Ou Testament is nie, maar
ook die verstommende waarheid dat hierdie pre-eminente Christus nou woon in
elke ware gelowige. Het jy al 'n openbaring gekry van hierdie onbeskryflike
waarheid wat die essensie is van die evangelie?
No comments:
Post a Comment