“Wanneer mense ’n werk verrig, word
hulle loon nie as ’n guns beskou nie, maar as vergoeding. Die saak staan
heeltemal anders met daardie mense wat geen prestasie het waarop hulle kan
staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddeloses vryspreek – hulle word
vrygespreek deurdat hulle glo.” Rom. 4:4-5 (NLV)
“Maar aan hom wat werk, word die loon
nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose
regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.” Rom. 4:4-5 (OAV)
Abraham, die vader van ons geloof,
het geglo dat God die goddelose (hyself!) regverdig maak sonder enige
verdienste “en dit is hom tot geregtigheid gereken” (Rom. 4:3). God skenk slegs Sy geregtigheid in Christus
aan diegene wat erken dat hulle geen geregtigheid in hulleself het nie.
Wanneer dissipels van Jesus hulle
greep op hierdie waarheid verloor het dit die volgende gevolge:
- ons
raak geestelik hoogmoedig
- ons
raak Fariseërs wat geweldig bewus is van ons andersheid in plaas daarvan om te
besef dat ons deur genade gered is en nie omdat ons anders of beter is as ander
mense nie
- ons
het nie meer ‘n diepe waardering en dankbaarheid vir ons redding nie
- ons
verstaan of waardeer nie die kosbare boodskap van Christus wat in ons leef nie,
want ons het ongemerk begin om ons eie regverdigheid te bevorder
Wanneer ons egter gedurig hierdie
waarheid voor oë hou het dit tot gevolg dat ons:
- lewe
vanuit ‘n onuitspreeklike dankbaarheid dat die Here ons onverdienstelik
geregverdig het
- kan
lewe in ware nederigheid en nie die ‘eiesinnige godsdiens en nederigheid’ wat
Kolossense 2:23 van praat nie
- eg
kan wees en eerlik met onsself en andere, omdat ons besef dat ons almal in
dieselfde bootjie is en die Here ewe nodig het
- waarlik
die lewe en vryheid van die Evangelie kan beleef en besef dat ons niks het om
te verdedig nie, want ons hele geloof en hoop is in “die God wat die goddelose
regverdig maak”. Ons kan dus onbevange
leef.