Sunday, 23 February 2014

I.K. TOETS

Wat beskou die Bybel as “slim”?  Spreuke 3:5 sê:  “Vertrou volkome op  die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.”  God vereis eerstens ‘n erkenning van ons eie onvermoë om te verstaan.  

In 1 Kor. 8:2 verras Paulus ons:  “As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ‘n mens behoort te weet nie.” 


As ons besef ons is totaal afhanklik van die openbaring wat God alleen gee deur Sy Woord en Gees, is ons waarlik wys. Kom ons bely voor God die areas waar ons op ons eie insig gesteun het en dat ons afhanklik is van die insig wat slegs Hy kan gee.

No comments:

Post a Comment