“As julle dan saam met
Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die
regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die
aarde is nie.” Kolossense 3:1-2
Kan dit werklik wees dat God van ons verwag om
na alles in ons lewens te kyk vanuit ‘n hemelse perspektief? Hoe kan
mense wat in tyd en ruimte leef op planeet aarde en wat in ‘n bepaalde kultuur
en verwysingsraamwerk geskool en gevorm is God se eie verwysingsraamwerk begryp
en dan dááruit begin leef? Dit is net moontlik op grond van die
wedergeboorte waardeur die lewe van God in ons gees geplant word en die
daaropvolgende nuwe begrip van die Bybel wat volgens Jesus “gees en lewe"
is (Jn. 6:63).
Vir mense wat nie wedergebore is nie bly die
Bybel egter ‘n geslote boek en ‘n onverklaarbare raaisel, want “die natuurlike
mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom
dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word”
(1 Kor. 2:14). Ware dissipels het egter die lewe van Jesus binne-in hulle
en het daarom “die sin van Christus” (1 Kor. 2:16). Daarom kry dissipels van
Jesus die opdrag in Romeine 12 vers 2 “en word nie aan hierdie wêreld
gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed [by the
renewal of your mind], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en
volmaakte wil van God is.”
Ons moet dus groei in hierdie geestelike begrip
wat ons met die wedergeboorte as ‘n geskenk ontvang het. Omhels God se
perspektief en tree dan dienooreenkomstig op met totale oorgawe aan God se wil
soos wat die Heilige Gees jou lei. Dit sal
ook beteken dat baie van die moeilike situasies in ons lewens heetemal anders
begin lyk in die lig van die hemelse perspektief en dat hierdie perspektief dalk
'n gehoorsaamheid eis wat ons sal verstom.
Moet net nie weer terugval in die aardse perspektief nie. Bly getrou en gehoorsaam, stap vir stap, aan
die innerlike leiding van die Gees soos wat Hy jou oë meer en meer begin
oopmaak om te sien soos wat God sien.
beats by dr dre
ReplyDeletecheap nhl jerseys
basketball shoes
pandora jewelry
ralph lauren uk
cheap michael kors handbags
ray ban sunglasses
toms shoes
barbour coats
prada outlet
lacoste polo shirts
louis vuitton outlet
longchamp outlet
soccer jerseys
cheap jordans
mbt shoes
true religion jeans
cyber monday deals
ray ban
lululemon outlet
true religion jeans
canada goose jackets
the north face outlet store
air max 2015
ralph lauren uk
michael kors factory outlet
juicy couture outlet
wedding dresses
michael kors uk
coach outlet canada
oakley sunglasses
michael kors outlet
chanel handbags
links of london
cheap mlb jerseys
tory burch outlet
ugg outlet
adidas outlet store
ugg uk
pandora jewelry
20151026caihuali