“Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus
gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor
het hoe dit met julle gaan. Ek het
trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg
sal behartig nie. Al die ander soek net
hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie.” Filippense 2:19-21 (NAV)
Dit is so hartseer om te lees dat Paulus onder dissipels van Jesus
iemand moes soek wat die Here se belange op die hart gedra het. Wat presies ís die Here se belange? Die gemeente.
Is dit nie kosbaar om te weet dat Jesus werklik besonder besorg is oor
elkeen van Sy dissipels nie? Dit is
inderdaad ‘n wonderlike wete wat ‘n mens se gemoed baie goed doen. Maar die ander kant van die saak is dat Jesus
ons bedien en na ons omsien deur mense.
As ons net altyd wag dat ander ons bedien en nie self begin om Jesus se
belange op die hart te dra nie word die las te swaar vir die enkeles wat wel
wegkyk van hulleself en ander bedien.
Dan moet daar natuurlik ook ‘n groot kopskuif by ons kom sodat ons kan
ophou om die bediening van mense in die gemeente net te sien as die domein van
pastore, dominees, ouderlinge en mense in “voltydse bediening”. Dit is hoog tyd vir ons almal om die radikale
onderskeid tussen “professionele bediening” en die bediening van mekaar op
grondvlak vir altyd vaarwel toe te roep.
Ons het almal verskillende rolle en funksies en as jy nie begin stap in
jou spesifieke en unieke diens aan die liggaam van Christus nie, ly die hele
gemeente. Mag die Gees van God elkeen
wat hierdie dagstukkie lees wakker skud en opwek om die gemeente te begin dien.
En dit beteken maar net om ander mense werklik te begin raaksien, vir hulle te
bid en daar te wees vir hulle met dit wat die Heilige Gees op jou hart lê en
waarmee Hy jou toegerus het. Net so, en
op geen ander manier nie kan die gemeente van Jesus versorg en volwasse word om
‘n kragtige getuienis van andersheid en Goddelike liefde in die wêreld te
bring.
“Hieraan
sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar
het.” Johannes
13:35
Thank you for sharing the post.kindly visit us @ Mortgage loan in chennai - ABS Fincare Solutions
ReplyDeleteAn excellent information provided thanks for all the information i must say great efforts made by you.
ReplyDeletethanks a lot for all the information you provided.
please visit our official website for further details-
Packers and Movers Noida
http://blog.packers-and-movers-delhi.in/
http://packers-and-movers-delhi.in/packers-and-movers-dwarka-delhi