"Vir so
iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg; sodat julle daarenteen hom
liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot
droefheid verteer word nie. Daarom
vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig."
2 Korinthiërs 2:6-8
Paulus vra die Korinthiërs
om 'n broer te vergewe en bemoedig wat klaarblyklik onder sensuur geplaas is,
maar hom toe bekeer het. Daar is 'n tere liefde wat deurskyn in Paulus se
gesindheid teenoor die een wat gesondig het. Hy wil hê die dissipels in
Korinthe moet weet dat die Vader se hart oop is vir berouvolle dissipels. Die
satan se manier is om mense te verwoes en so moedeloos te maak deur versoeking,
sonde en dan veroordeling, dat hulle opgee. Die Vader werk anders met mense.
Ons moet baie wakker wees
om nie in satan se hande te speel deur te veroordeel en mense moedeloos te maak
nie. Kerk dissipline is 'n opdrag in die Bybel, maar ook vergifnis en
vertroosting wanneer daar ware bekering is.
No comments:
Post a Comment