Ons hele lewe as dissipels
van Jesus word opgesom met hierdie frase.
Eerstens leer die Bybel ons om te rus van ons eie werke. Dit is nodig omdat niks wat ons uit onsself
doen ons voor God kan regverdig nie en niks wat ons uit onsself doen God ooit
sal behaag nie.
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle
rus gee." Mattheüs 11:28
"Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;
want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van
sy werke soos God van syne. Hebreërs 4:9-10
Tweedens leer die Bybel ons
om te werk uit rus. God is aktief aan
die werk in ons innerlike mens, maar ons kan net Sý werke in ons onderskei wanneer
ons gerus het van ons eie pogings om 'n geestelike en morele mens te wees. In hierdie sabbatsrus begin ons die werke van
God ín ons beleef en dan staan ons onder verpligting om kinderlik gehoorsaam te
wees aan dit wat God in ons binneste doen.
"Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie
in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk
julle eie heil uit met vrees en bewing; want
dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae."
Filippense 2:12-13
So ons kan die vraag vra:
"Is 'n dissipel 'n pasifis of 'n aktivis?" Nie een nie.
Hy is albei. Ware dissipels is vir
seker aktief, maar hulle doen net wat God in hulle innerlike openbaar, en dit
vanuit rus in Christus.
Hier is ons voorbeeld:
"Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader
dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so." Johannes 5:19
En hier is ons huidige
werklikheid en verantwoordelikheid:
"Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom,
hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie." Johannes 15:5
No comments:
Post a Comment