Wednesday, 23 November 2016

MOENIE JOU ORE VERLOOR NIE

En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor." Markus 4:9 

Het almal dan nie ore nie?  Klaarblyklik nie.  Party mense gee ag op God se stem en ander nie.  Jesus sê dat die wat wel ag gee seker moet maak dat die boodskap by hulle harte uitkom.

Ware dissipels het ore, maar hulle kan ook begin om hulle "ore te verloor" as hulle nie hierdie opdrag van Jesus gehoorsaam nie.  As ons aanhou luister na waarheid sonder dat dit ons hart bereik en dan deur die krag van die Gees in dade oorgaan, gebeur daar onvermydelik iets met ons geestelike gehoor.

"Waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor." Hebreërs 5:11 


As jy voel dat dit met jou aan die gebeur is of reeds die geval is, moenie wag nie.  Gaan dadelik na die troon van genade en vra die Vader om jou gehoor te herstel. Bely jou traagheid m.b.t. geestelike werklikhede en vertrou God om herstel te bring.

No comments:

Post a Comment