'n Mens se woorde kan of 'n bron van geweldige seën
wees of dit kan onberekenbare skade bring in ander se lewens. Jakobus sê dat die tong wat buite beheer is
fatale gevolge kan bring vir diegene wat deurloop onder dit.
"Maar die
tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike
gif." Jakobus
3:8
Die implikasie in hierdie
vers is dat God alleen die tong kan tem.
Daar is nie 'n mens op aarde wat totale beheer oor sy of haar tong het
nie. Party van ons praat meer as ander,
maar almal van ons laat met tye toe dat woorde by ons mond uitkom wat nooit die
daglig moes gesien het nie. Net God kan
ons tong tem en daarom is dit so belangrik dat ons onder leiding van die
Heilige Gees sal leef. Ons het daagliks die
wonderwerk van stilswye nodig. D.w.s.
ons moet leer om die Here te vertrou om, selfs wanneer die
versoeking groot is om die tong soos 'n swaard te gebruik of om kwaad te praat
van ander, eers te swyg totdat Hy sê ons kan maar praat en Hy ons die regte
woorde gegee het. Dit verg inderdaad 'n
wonderwerk!
Hier is 'n Bybelse gebed wat ons almal sekerlik nodig het om gereeld te
bid.
"HERE, stel ‘n wag voor my
mond, bewaar die deur van my lippe." Psalm 141:3
No comments:
Post a Comment