Ons sien verder in Handelinge dat die gemeente baie
pertinent die waarneembare vervulling met die Heilige Gees beskou het as díe
voorvereiste vir bediening.
"Daarop
sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en
ouderlinge van Israel.." Handelinge 4:8
Petrus het nie probeer om die owerstes van Israel uit sy eie
intellek en natuurlike vermoëns te weerlê nie.
Hy het geweet dat hy sonder die vervulling met die Heilige Gees (oomblik-vir-oomblik
afhanklikheid) nie 'n kragtige evangelie getuienis sou kon gee nie. Weet ons dit?
"En
toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal
vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek."
Handelinge 4:31
Dit is van kardinale belang om raak te sien dat die
gemeentes in Handelinge nie die uitstorting van die Heilige Gees op die dag van
Pinkster gerelegeer het tot 'n historiese gebeurtenis in die verlede wat geen verdere relevansie het vir die praktiese
lewe van die gemeente nie. So dikwels is
die uitstorting van die Heilige Gees vir ons net 'n historiese leerstelling wat
ons met 'n knik van die kop erken of 'n belydenis wat ons meganies resiteer.
Instede daarvan moet ons dit sien as die dinamiese
ontsluiting van die sluise van die hemel wat vir ons toegang gee om keer op
keer vir God te vra (sien verse 29 en 30) om ons weer te bekragtig met dit wat
Hy reeds onomwonde bewys het as Sy wil vir ons op aarde in hierdie bestel, nl.
die volheid van die Gees.
"Kyk
dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die
Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel." Handelinge
6:3
Let op dat die vereiste was dat hierdie manne "vol van
die Heilige Gees" moes wees.
"En
die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus,
‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en
Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë." Handelinge
6:5
No comments:
Post a Comment