Monday, 11 February 2019

KRY JOU BLYDSKAP TERUG



Blydskap is die krag vir heiligheid.  Sonder blydskap kan daar geen heiligheid wees nie, want dit is net die blydskap in God wat alle kompeterende vreugdes op hierdie aarde kan oorwin.  Sonder hierdie blydskap is ons almal afgodsdienaars, want ons eksistensiële werklikheid is in hierdie onbevredigende kondisie altyd 'n soeke na alternatiewe bevrediging.

'n Dissipel van Jesus is ten diepste iemand wat die grootste vreugde in die heelal ontdek het, God self, en wat dan leef in en uit hierdie blydskap in Hom. 

As jy jou blydskap in Christus verloor het, moet jy met alles in jou veg daarvoor om dit terug te kry.  Niks is belangriker nie.  Dít is die goeie stryd van die geloof (1 Tim. 6:12).

Jy is geskape om God te verheerlik en dit is letterlik onmoontlik om Hom te  verheerlik sonder dat jy jou grootste vreugde in Hóm vind en behou.

"Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting." Nehemia 8:11b 

No comments:

Post a Comment