Vermaning
en bemoediging (die twee lê baie naby aan mekaar in die Nuwe Testament) is
bedoel om iets baie kosbaar te wees vir dissipels wat saam in nederigheid aan
die voet van daardie kruis leef waar ons, ons lewens verloor het. Ook nie net kosbaar nie, maar oënskynlik
onontbeerlik.
"Maar vermaan mekaar elke dag so
lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van
die sonde verhard word nie." Hebreërs 3:13
Dit
is volgens die N.T. 'n werklikheid van ons lewens "in Christus". Vir hierdie presiese rede is dit onmoontlik
om sekere mense te vermaan (wat nie die "in Christus" waarheid begryp
nie), want hulle sien dit altyd as 'n persoonlike aanval.
Die
reaksie is bykans altyd "jy dink jy is beter as ek" of "jy is 'n
godsdienstige huigelaar"; jy is
"self-righteous". Hier is
Paulus se siening van die saak:
"Maar ek self ook, my broeders,
is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met
alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan." Romeine 15:14
Regtig?
"Vol van goedheid"? Hoekom
praat Paulus hierdie taal? Daar is net
een manier om dit te verstaan; hy weet dat Christus in elke ware dissipel leef
(Gal. 2:20). Nie een van ons is
"goed" in Bybelse terme nie (Lukas 18:19; Rom. 3:12).
Juis
daarom gaan dit nie meer oor 'n vermaning vanuit relatiewe menslike goedheid
nie, maar oor 'n wederkerige geloofsvermaning wat juis die hart "weg van
self" en "na Christus" wil lei.
Nuwe Testamentiese vermaning is nie vanuit "die boom van die kennis
van goed en kwaad nie", maar vanuit "die boom van die lewe"
(Christus).
As
ek verkeerde gesindhede, woorde en/of dade openbaar is dit omdat ek my oë van
Jesus afgehaal en vanuit myself begin leef het.
Dan moet ek vermaan/bemoedig word om dit te erken en my oë terug te kry
op die enigste Bron van ware goedheid, Christus in my.
No comments:
Post a Comment