Die kort antwoord is ja, maar die rede
hiervoor is radikaal anders as wat die meeste mense dink.
"Ek
is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my.
En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God
wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het." Galasiërs 2:20
Die lewe wat die evangelie ons bied is die
nuwe lewe, die Christus-lewe. Dit is nie
'n verbetering van mý lewe nie, maar 'n geheel ánder lewe. Die "lewe in oorvloed" van Johannes
10 vers 10 is die lewe van die Seun van God wat aan my geskenk word met wedergeboorte.
Die natuur en karakter van hierdie lewe
soos wat dit (Hy) uitdrukking vind op aarde in die midde van 'n gevalle mensdom
is self-opoffering en diensbaarheid.
Daarom is die vraag van ware dissipels van Jesus nie meer; "wat is die
voordele van die evangelie vir my lewe op aarde nie", maar eerder
"waar en hoe wil God hê moet die Seun se lewe in my verwerklik word in die
praktyk"?
Die vraag is dus nie eers of die sogenaamde
"prosperity gospel" bestaansreg het nie, want die hele benadering wat
vir Adam wil laat voordeel trek uit die evangelie is per definisie absurd in
die konteks van die ware evangelie. As
jy wedergebore is het jy reeds gesterf vir die onafhanklike Adamiese lewe en
die enigste lewe wat nou saak maak is die onsterflike lewe van die Seun van God
in jou.
Wanneer
Christus, WAT ONS LEWE IS, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in
heerlikheid geopenbaar word." Kolossense 3:4
"Sodat
ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde
terwyl ek aan sy dood gelykvormig word." Filippense 3:10
"Nou
verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van
die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is." Kolossense
1:24
"En
wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God
van vrede sal met julle wees." Filippense 4:9
No comments:
Post a Comment