"Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie
tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die
Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester
saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat
gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is." Mattheus
9:10-12 (NAV)
Jesus is die Redder van almal wat bereid is om te erken dat die sonde hulle sielsiek gemaak het. Mense wat weet hoe nodig hulle Hom het, sal altyd by Jesus 'n oop deur en dan vergifnis en verlossing vind. Die Fariseërs het gedink hulle is gesond en dat hulle godsdienstigheid Jesus heeltemal oorbodig gemaak het. Hulle godsdiens was in werklikheid bankrot.
Die eerste verantwoordelikheid van die liggaam van Christus is altyd om sout en lig te wees wat mense bewus maak van hulle verlorenheid en behoefte aan 'n Redder (Mt. 5:13-16). Die Vader gebruik sodoende sy gemeente om mense te trek na Jesus, die enigste ware Verlosser van die gevalle mensdom. Dít is ware liefde en niks anders nie. Dit is nié liefde om vir mense wat siek is in die duister te hou oor hulle ware kondisie of om hulle kondisie te misken nie. As 'n gemeente of denominasie nie meer met God saamstem oor wat sonde is nie, het die "sout laf geword" (Mt. 5:13) en het dus nie meer 'n doel nie. Daar is hoofsaaklik vier misleidings van die satan om die oortuigingswerk van die Heilige Gees m.b.t. sonde (Joh. 16:8) te neutraliseer. Die eerste leer dat ek op die meriete van my ouers en voorouers se geloof (“ons vader is Abraham…” Joh. 8:39) of deur my lidmaatskap by 'n gemeente die hemel kan haal. Dit maak die wedergeboorte oorbodig of 'n nagedagte. Die tweede is 'n godsdienstige wettisisme wat die nakom van reëls en rituele sien as die weg tot saligheid. Die derde is 'n oorgerealiseerde verlossingsleer wat wel sonde op sy naam noem, maar nie wil erken dat mense steeds sondig is na die kruis en daarom bekering nodig het nie. Die vierde is ‘n baie subtiele en waarskynlik die mees gevaarlike misleiding, naamlik om die sonde self te herdefinieer tot so 'n mate dat dit nie meer sonde genoem kan word nie. Waarvan moet ons dan verlos word? Die logiese uiteinde van laasgenoemde is 'n ontkenning dat ons enigsins 'n Verlosser nodig het. Dit is die pad van die dood. "Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood" (Spreuke 14:12).

Excellent info based blog.State Life Online
ReplyDeleteReplica watches are watches designed to look exactly like the originals. They are not cheap Replica Watches Sale imitations, but genuine replicas of the original products.Rolex Replica Watches are very hot now and these watches would be sold with a cheap price.Buy Great Quality Cheap Replica Watches. Cheap Replica Watches UK For Sale.Welcome To The Store OF 2015 New Design And Top Quality Replica Watches China.There Are Cheapest And Best Fake Swiss Replica Watches.Best replica watches review, the theme being diving watches.
ReplyDelete