"Mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar
die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af." 2 Tim.
3:5
“Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al
opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God
verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus
Christus verloën.” Judas 1:4
Die krag van godsaligheid word op geen ander plek gevind
nie as in 'n verhouding van vreugde met ons hemelse Vader, gewortel en gegrond
in die rykdom van Sy vrymakende genade in Jesus. Waar dit afwesig is, word die
Christelike geloof maar net nog 'n godsdiens wat met stroewe pligpleging die
rituele van die spesifieke kerktradisie op bepaalde tye en plekke nakom. Die
probleem is natuurlik dat hierdie vreugdelose "vormgodsdiens"
heeltemal kragteloos is teen die versoekinge van die sonde en of dit nou jare
of dekades neem, een of ander tyd word die gaping tussen die godsdiensbelydenis
en die daaglikse lewe so groot dat daar net een alternatief is en dit is om die
sonde te herdefinieer.
Wanneer ons dit wat die Bybel sonde noem herinterpreteer en dit afskryf as die
oningeligte uitsprake van 'n pre-wetenskaplike era kan ons weer asemhaal en
saamleef met ons "nuwe bybel". Nou is dit nie meer so 'n las om voort
te gaan met ons rituele en vormgodsdiens nie, want genade is nie meer God wat
ons vergewe, verlos en ons voete plaas op die pad van vryheid nie. Genade is
nou ons onbeperkte toleransie van morele verval terwyl ons vrolik voortgaan om
te lees uit ons "nuwe bybel" en bid tot ons "nuwe" en meer
tolerante moderne "god" en ons die doodsheid van vormgodsdiens
moediglik oorwin met ons "nuwe, permissiewe blydskap". Let op Paulus se opdrag aan Timotheus (in 2
Tim. 3 vers 5b) vir presies so 'n situasie.
Best Games for Your Child
ReplyDeleteThis comment has been removed by the author.
ReplyDelete