Monday, 5 October 2015

“HULLE SAL NA MY STEM LUISTER”



"Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder." Johannes 10:16

Jesus is die goeie Herder wat begeer om mense in te bring in 'n veilige kudde waar Hy hulle kan lei en vir hulle kan sorg. "Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop" (Jes. 53:6). Jesus het gekom "om te soek en te red wat verlore was" (Luk. 19:10). Hy bring verlore mense in Sy kudde in en omdat hulle almal in Sý sorg is, word hulle deel van die een unieke kudde regoor die wêreld. Al is daar derduisende menslike herders wat ook onder Jesus pastorale sorg dra vir plaaslike kuddes, is daar oor almal maar net Een unieke Herder.  Selfs die menslike herders staan onder Jesus se leiding en is in Sy sorg. 

Jesus se universele kudde is nie moeilik om uit te ken nie. Hy verklaar duidelik en ondubbelsinnig dat die een uitstaande kenmerk wat Sy kudde eien is dat hulle "luister na Sy stem". Of dit nou leiers of lidmate is, as mense wegdraai van die Woord van God gee hulle daarmee getuienis dat hulle nie deel van Jesus se kudde is nie. Jesus se stem sny in Woord en Gees soos 'n skerp swaard deur al die verwarring in die kerkwêreld en lei steeds Sy skape na "groen weivelde" en "waters waar rus is" saam met ander wat na Sy stem luister.  Ons sekuriteit is nie in wisselvallige denominasies en menslike leiers nie, maar in ons goeie Herder wat ons veilig sal bring na ons ewige tuiste. Ons moet net aanhou luister na Sy stem en Hom kinderlik gehoorsaam wanneer Hy ons wil lei na plekke van rus en voeding.

2 comments:

  1. Excellent article .I got new and different information.It is simple but informative.Many of the resources like custom essay writing services,internet are providing the different information for the readers.I am happy to see this type article because it is very helpful my writing.

    ReplyDelete
  2. GREAT POST
    Information about the draw for immigration to America (2017) standards
    http://sh.st/bzNa2
    Explanation English (2017) standards
    http://sh.st/bzNfW
    video is in English (2017) standards
    http://sh.st/bzNks
    PHOTO Dimensions exactly WHAT SHOULD BE- (2017) standards
    http://sh.st/bzNmy
    Additional and important information about the image (2017 standards

    ReplyDelete