Ons is gemaak om
te leef met Jesus as die middelpunt van ons wese en die essensie van ons
bestaan. Geen mens kan leef en funksioneer soos wat God oorspronklik bedoel het
as Jesus nie die liefling van sy of haar hart is nie.
Die "eerste
liefde" wat die Bybel van praat in Openbaring 2 vers 4 is nie 'n opsionele
ekstra wat jy kan vat of los na willekeur nie. Hierdie liefde is die DNA van
ons bestaan en sonder dit val alles uiteindelik uitmekaar; insluitende al ons
verhoudinge. Alles disintegreer as Jesus nie die middelpunt daarvan is nie. Dit
is hoe die Vader hierdie heelal ontwerp het.
"Want in Hom is alle dinge geskape wat in die
hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as
heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En
Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand." Kolossense 1:16-17
No comments:
Post a Comment