As mense 'n aardse
testament sorgvuldig deurwerk om te sien wat hulle alles geërf het en aardse
testamente bring net materiële en tydelike voordele, waarom is so baie dikwels
so traag om die ewige testament (die Bybel) te fynkam vir die ewige rykdom wat
in Christus vir ons weggelê is?
Miskien het jy nog
nooit so daaraan gedink nie en het jy maar nog altyd net die ewigheid gesien as
die hemel waar jy in elk geval eendag alles sal ontvang, so hoekom sal jy
nou-al daarin belangstel. Groot
fout! As 'n boer vir sy seun 'n baie
waardevolle plaas gaan nalaat, maar die seun toon baie min belangstelling in
die plaas of die boerdery, hoe sal dit die boer laat voel en wat sal sy reaksie
wees?
Lees biddend die
onderstaande tekste en vra jouself of jy werklik belangstel in jou ewige
erfenis en waardering het vir die onnaspeurlike geestelike rykdom in Christus
Jesus.
"Want Ek sê vir julle, baie profete en konings
het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor
wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie." Luke 10:24
"Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir
hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is
deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van
die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien." 1
Petrus 1:12
"Aan my, die geringste van al die heiliges, is
hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom
van Christus te verkondig." Efesiërs 3:8
"En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan
die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle ‘n erfdeel
te gee onder al die geheiligdes." Handelinge 20:32
No comments:
Post a Comment