Dieselfde Jesus
wat die storm stilgemaak het leef in jou en Hy is ook teenwoordig in die midde
van Sy mense in families en gemeentes.
Wanneer die golwe van
omstandighede breek oor jou lewe en jou gesin is dit krities belangrik om die
vaste versekering te hê dat Jesus nie apaties eenkant staan en maar net probeer
om jou van 'n afstand af te bemoedig nie.
Die innerlike
stilte wat Hy bring stel jou in staat om vanuit Sý vrede op te tree en in
geloof Sý leiding te volg vir die beste moontlike uitkoms. Jesus is teenwoordig! Glo dit en verwag altyd
dat Sy bonatuurlike vrede stabiliteit en rigting sal gee in elke situasie.
"En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe
kom daar ‘n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle
was in gevaar. En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê:
Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die
watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ‘n stilte gekom. En Hy sê vir
hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir
mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle
Hom gehoorsaam is!" Lukas 8:23-25
No comments:
Post a Comment