Om terug te draai
na die ou dispensasie voor Jesus Sy verskyning gemaak het, is soos om gefassineer te bly met die sonar
van 'n baba wat geneem is voor sy geboorte terwyl jy reeds die lewende baba in
jou huis het!
"Daarom moet julle nie dat iemand vir julle
voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste
of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. 17 Dit is alles maar net
die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus." Kolossense
2:16-17 (NAV)
" In view of these tremendous facts, don’t let
anyone worry you by criticising what you eat or drink, or what holy days you
ought to observe, or bothering you over new moons or sabbaths. All these things
have at most only a symbolical value: the solid fact is Christ." Col. 2:17-18 (J.B. Phillips)
"These things were like a shadow of what was to
come. But what is true and real has come and is found in Christ." Col.
2:17 (NCV)
Die vleeswording
van Jesus en Sy dood, opstanding en verheerliking aan die regterhand van die
Vader is volbragte historiese feite en ons het nodig om vas te staan in die
werklikheid van hierdie "groot saligheid" (Heb. 2:3).
Boonop staan ons
nou in die realiteit van Christus wat in ons woon na die uitstorting van die
Heilige Gees. Nog 'n afgehandelde
historiese feit. Hoe kan ons so dwaas
wees om terug te gryp na die skaduwee wat maar net getuig het van dit wat sou
kom.
Een van die satan
se mees effektiewe strategieë is om ons besig te hou met allerhande godsdiens-aktiwiteite wat, wetend
en onwetend, die volmaakte verlossingswerk van Jesus minag en Sy
teenwoordigheid in die gelowige as't ware ignoreer.
Die lieflike
werklikhede van die evangelie moet soveel gewig dra in jou hart dat geen
hoeveelheid "briljante teologiese argumente" jou ooit sal oortuig om weer 'n fassinering
te ontwikkel met die sonar van die ongebore baba nie.
No comments:
Post a Comment