“En
dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus
Christus wat U gestuur het.” Joh 17:3
Die ewige lewe is meer as ‘n oneindige tydperk. Die hemel is meer as ‘n wonderlike plek. Ons is almal geneig om te dink oor die
hemelse vanuit ons aardse perspektief. Ons
prioriteite raak so maklik deurmekaar en voor ons, ons kom kry dink ons oor die
hemel net as ‘n volmaakte plek waar ons vir ewig gaan bly. Jesus sny met Sy gebed in Johannes 17 as’t ware
met ‘n vlymskerp mes deur al ons minderwaardige idees oor die ewige lewe en die
hemel. Sy stelling gerig tot die Vader
in vers 3 is verstommend in sy eenvoud.
Die “ewige lewe” is eenvoudig om die Vader en die Seun werklik te
ken. Het jy al ooit gewonder wat gaan
aan in die hemel en hoe gaan dit daar wees?
Lees die Bybel met die een enkele fokus om die Vader te ken in Sy Seun deur
die verligting van die Gees. So kan jy
nou-al begin om hemel op aarde te beleef, want waar God geken en geniet word,
daar is dit hemel. Dit raak ook net
beter, want daar is geen einde aan Sy wese en heerlikheid nie. Hy is die oneindige God.
No comments:
Post a Comment