Wednesday, 14 August 2019

KEER JOU RUG OP MENSLIKE IDEES VAN BONATUURLIKE REALITEITE


Christenskap is nie mense wat soos Jesus probeer wees nie, maar die wese van Jesus vergestalt in mense (Gal. 4:19). Dissipelskap is nie die navolging van Jesus in menslike krag nie, maar die toegee aan die bonatuurlike trekkrag van Jesus in my binneste. Geloof is nie my poging om vertroue in my hart op te wek nie, maar eerder die effek wat die aanskoue van Jesus in my hart bewerkstellig. Liefde vanuit God se perspektief is nie enigiets wat mense ooit kan uitdink of produseer nie, maar eerder die natuur van Jesus wat deur bogenoemde geloof in my gevorm word en deur die Gees tot uitdrukking kom.

Derduisende mense leef verwarde lewens onder die illusies van dit wat Christenskap, dissipelskap,  geloof en liefde nié is nie en nooit sal wees nie. Aanskou die heerlikheid van Christus en ontsnap van hierdie menslike idees van dit wat slegs deur die openbaring van die Gees verstaan kan word (2 Kor. 3:18; 1 Kor. 2:6-16).

No comments:

Post a Comment